RINGBAL NUUS

Ten eerste alle lof en EER aan ons GELIEFDE VADER aan hom al die eer, sonder hom wat ons die talent gee sal ons dit nie bereik het nie.

Saterdag 5 Mei het Mogol mans hul laaste liga teen Nylstroom gespeel en het 68 teenoor nylstroom se 14 geseëvier.

Sjoe,  wat 'n wonderlike jaar vir Mogol ringbal, die mans het die A afdeling gewen en gaan  die 26 ste Mei te Nelspruit  kampioenskappe speel, ons wens hulle sterkte toe.  Die dames het ook as wenners uitgetree.  Baie geluk aan beide spanne  Mogol julle was puik,

Baie geluk aan al die spelers wat tydens die Limpopo proewe in die onderskeie spanne ongeneem is, ons hoop dat ons hierdie jaar met meer groen en goud huistoe sal kom.

Baie dankie aan elke vir die opoffering, ons weet dat dit soms moeilik is, vervoer, finansies, vroeg ry laat terugkom.  Maar dit is lekker om te sien hoe positief die spelers is elkeen bring sy kan. 

Baie belangrik die 30ste Junie hou Ringbal 'n golfdag ten bate van die spelers wat aan die SA Toernooi gaan deelneem  besighede borg 'n putjie en adverteer so jou besigheid.

Kom gerus ons wag vir julle onthou van jonk tot baie oud kan nog steeds speel en dit geniet.  Ons wil net graag die veranderde  oefen tye onder u aandag -   Juniors  vanaf 17:30 tot 18:30, seniors  18:30 tot 20:30

Kontak no
Vleis 0833047576
Johan 0767220094
Apie  0788099492
Pierre 0828958986
Annetjie 0731661395  e-pos - annetjie.kruger@eskom.co.za mailto:annetjie.kruger@eskom.co.za