Pieter Wagner (snr), afkomstig van Suid-Wes, kom vestig homself in 1965 in 'n klein Bosveld dorpie.
Pieter was nog altyd 'n groot natuur liefhebber.
Hy besluit die jaar 1969 om Pieter Wagner Eiendomme in Warmbad (nou Bela-Bela) te begin, maar so lief soos hy die natuur
gehad het, het hy tot vandag toe nog nie opgehou met boer nie. Pieter (snr) was selfs stigter van verskeie organisasies en was
ook betrokke by die gemeenskapsprojekte soos byvoorbeeld: Stadsraad Warmbad Onderburgermeester, Streeksdiensterade,
Boerderyverenigings, Toerismekamer, Sakekamer, Brandbestryding, Kultuurverenigings en Belastingbetalersvereniging.
Pieter (snr) het 'n klompie jare gelede Warmbad se plaaslike Koerant (Die Pos) kantore verskaf toe Eugene Diener nog
die eienaar was. Hy was betrokke in Ellisras (nou Lephalale) vir jare en sy diens sluit in streekdienste-
raad en kontak met boereverenigings.
Pieter Wagner (Jnr) het sy vader se voetspore gevolg en is vanaf die jaar 2000 betrokke by die verkoop van Eiendomme,
van die begin af het Pieter gefokus op die verkoop van plotte en plase. Pieter (Snr) het gedink omdat daar so baie navrae en
belangstelling is in Ellisras (nou Lephalale) so ook dat hul soveel jare betrokke is by die verkoop van plase in die omgewing,
het Pieter (Snr) besluit om 'n Pieter Wagner Eiendomme tak te open op Ellisras. Aangesien Ellisras se uitbreidings
vandag soos 'n veldbrand groei, dink hy dit is 'n logiese stap gewees, omdat die kliënte daagliks groei!
Die Pieters sê in hierdie Perseel maak ons geen diere dood nie, ons verkoop plotte en plase om die diere te beskerm.
Graag nooi ons almal uit vir 'n heerlike koppie koffie of ietsie koels in hierdie Bosveld hitte om saam ons te kom geniet!
Pieter Wagner Eiendomme is tussen Talisman Plant & Tool Hire en die ou Poskantoor.