NYALA BOOGKLUB KALENDER 2009Maart14Fun Shoot + BraaiJan se WatergatMaart28Klub kompetisie + BraaiTBAApril4Klub kompetisie + BraaiTBAMei16Klub kompetisie + BraaiTBAJunie27Vuurwapenfees +Klub kompetisieSteenbokpanJulie8 - 12BosveldfeesMogol SportgrondeAugustus1Klub kompetisie + BraaiTBASeptember5Klub kompetisie + BraaiTBAOktober31Klub kompetisie + BraaiTBANovember7Klub kompetisie + BraaiTBANovember21Prestige Prys uitdelingMolalatauDesember16Kultuurdag + GeloftedagTBA
NYALA BOOGKLUB NUUS - ELLISRAS
Die 3de been van die Limpopo Liga kompetisie is aangebied op Saterdag 7 Maart te "Jan se Watergat" met 71 deelnemende skuts. 'n Groot dankie aan ons Borge wat die dag moontlik gemaak het by name: Ever-Tru Archery, Toyota Garage, Matlabas Onderdele en GWM Ellisras Motors.
Met die prestige prysuitdeling in 2008 te Molalatau Vakansie-oord, is die 2009 bestuur verkies met Redge Stiglingh as Voorsitter. Bestuurslede is Wim en Sulette Steenkamp, Frans Delport, Jannie Nel, Ben Harmse, Dirk Hurter en Hennie van Staden.
Nyala Boogklub het op Saterdag 31 Januarie sy eerste kompetisie vir die jaar by Molalatau vakansie oord aangebied. Nuwe Cub skuts het die podium betree met puik eerste pogings van Dirkie Strydom en Christo en Lunette Bothma.
Saterdag 24 Januarie se Mpumalanga Bowhunter Champs te Barberton het vir stywe mededinging gesorg toe seniors Werdie v Staden met 1 punt verloor met 'n telling van 497/560 teen Jurgens van Stryp van Elands Boogklub. Pa Hennie blaas nog steeds warm in sy nek en behaal 'n derde plek met 492 punte, steeds Nasionale kwalifiserings. Bea Hurter in die senior dames afdeling het 'n persoonlike beste telling losgeskiet en 'n welverdiende brons medalje ontvang. 'n Deurdagte bewys dat toewyding medaljes oplewer.
By die Klub kompetisie van 28 Februarie het die Jagters afdeling met "rangefinders" lekker skouer geskuur en 'n eerste Wen vir Pa Awie en Cub Abrampie Fourie van Thabazimbi opgelewer. Brian Pretorius het heel beskeie die bete telling van die dag losgeskiet met 457 pylpunte in die SANIFAA afdeling. Baie geluk aan al die wenners!
Met die Liga kompetisie op Saterdag 7 Maart het plaaslike skuts vernuftig skouer geskuur met Limpopo se bestes op ons voorstoep. Prestige Liga medaljes was op die spel met die volgende Ellisras medalje wenners:
Sr Male Bowhunter - "rangefinders":
Gold - Jaques de Lange (421), Silver - Frits Grobler (379),
Bronze - Arno v Niekerk (343- 1ste shoot), 4e Rudolf Nel (324 - skiet 2 weke)
Cubs - Male Silver league - Gold - Coenrich Grobler (432)
Junior Male Silver League - Silver - Brandon Pretorius (415)
Sr Male Brons League - Gold - Le Roux Venter (437),
Bronze, Pa Brian Pretorius (419), 4e Albert Bouwer (411)
Sr Male Gold League - Bronze - Frans sr Delport (439)
Sr Male Masters League:
Gold - Jurgens van Stryp 488- Eland Boogklub
Silver - Werdie v Staden 487 - Nyala (weer 1 punt verloor)
Bronze - Hennie v Staden 483
Soos met alle sport beserings het dit vir ons nodig geword om met 'n bak hand na U te reik met borgskappe vir nuwe 3D toerusting in 2009. Kontak asb met Redge by 0837845686. Ons sal u weer met trots verteenwoordig. Standard Bank Tjek rek no: 230403832/ Tak 52547.
Booggroete, Nyala Boogklub Ellisras!