Kontak ons

Bospos 2010
Darem snaaks dat, wanneer ek bid, so baie dinge "toevallig" regkom…
William Temple
Wanneer jy bid,
is dit beter
om `n hart te hê sonder woorde,
as woorde sonder n hart.

John Bunyan
Prys die Here! Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien, wat al
sy vreugde vind in die gebooie van die Here. Sy nageslag is 'n sterk
krag in die land, die geslag van die opregte word geseën: daar is
oorvloed en rykdom in sy huis. Wat hy doen, is reg en blywend.
Bid vir 'n gedissiplineerde lewe en 'n keuse om dissipel van Christus
te wees.
Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel
almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan
só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan 'n wedstryd deelneem,
ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike
oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike. Ek hardloop
dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos 'n
bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en
bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self
nie kwalifiseer nie.
(1 Kor.9:24-27)
Bid vir fisiese en geestelike gesondheid en beskerming en ook vir
beskerming teen demoniese aanvalle.
Mag God, wat vrede gee, julle
volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel
en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons
Here Jesus Christus weer kom! Hy sal dit ook doen, want Hy wat
julle roep, is getrou.
(1 Tess.5:23-24) Bid ook dat ons van verkeerde
en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie. Die
Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die bose bewaar.
(2
Tess.3:2-3)
Bid vir die regte vriende en vriendinne, en vir toekomstigehuweliksmaats.
Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie
insigte staat maak nie. Ken hom in alles wat jy doen en Hy sal jou
die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie,
dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou,
die verkwikking vir jou liggaam.
(Spr.3:5-8)
Ek vra U vandag om ons kinders te bewaarTeen elke dag se monsters, donker en gevaarJesus, hou hul hartjies en handjies styf vasMaak hul lag, en elke dag se takies nie 'n lasDra hulle deur elke dag se alleen en siekteMaak hul bewus van U Vaderlike liefdeOngeag of hul val, struikel of sukses behaalHul weet U Koningkryk is die eindpaalMaak hul ogies oop om regte besluite te neemLeer hul om hul nie van die goeie te vervreemLaat hul hartjies die wonder van vriendskap beleefGee hul die moed en krag om U Naam uit te leef.Amen
"O Lord, my heart is not proud, nor are my eyes haughty; I busy not myself with great things too sublime for me. Nay rather, I have stilled and quieted my soul like a weaned child. Like a weaned child on its mother's lap, so is my soul within me." (Psalm 131)
The Lord's Prayer ; Our Father, who art in heaven,hallowed be thy name;thy kingdom come;thy will be done of earth as it is in heaven.Give us this day our daily bread;and forgive us our trespassesas we forgive those who trespass against us;and lead us not into temptationbut deliver us from evil.